|
|
JavaK |
Jou gratis hulpbron vir Java Kennis! |
ENGLISH |
|
|
|
|
|
Tuisblad
Kontak
Artikels
Projekte
Vrae en Antwoorde
Skakels
|
|
|
|
|
|
Watter IDE moet ek gebruik ?
Die antwoord op hierdie vraag is nogal moeiliker as wat 'n mens mag dink. Persoonlik maak ek
gebruik van die NetBeans IDE, dit werk maklik, is gratis beskikbaar by NetBeans se
webwerf en beskik oor alles wat mens soek in 'n IDE.
Daar is natuurlik verskeie ander IDE's vir Java, maar die beste IDE sal natuurlik wees wat jou onderwyser of dosent ook al aanbeveel. Indien jy
programmeer vir jouself of net om te leer kan jy mos eksperimenteer met verskeie opsies. Besoek ons Skakels afdeling vir 'n paar opsies
om na te kyk.
Hoe plaas ek 'n JForm in die middel van die skerm ?
Plaas die volgende stukkie kode aan die einde van jou constructor vir die JFrame objek :
setLocationRelativeTo(null);
Kan my program 'n beep, biep of geluid maak ?
Dis heel maklik om jou program 'n beep geluid te laat maak. Al wat jy doen is
maak seker jy import vir java.awt.Toolkit in jou program. Gebruik dan die volgende
stukkie kode om 'n beep te maak :
Toolkit beeper = Toolkit.getDefaultToolkit();
beeper.beep();
Die Skrywer
Hierdie artikel is geskryf deur Ewald Horn en word gratis gehuisves deur JavaK. Besoek gerus vir www.javak.co.za vir meer
artikels deur Ewald Horn. Die skrywer se tuisblad is te vinde by www.nofuss.co.za.
|
JavaK is 'n gratis webwerf wat Java studente voorsien van voorbeelde, verduidelikings
asook bronkode vir gebruik in hulle huiswerk en skooltake. Die webwerf word geborg deur
NoFuss Solutions, 'n Java opleidings en ontwikkelings-diensverskaffer
in die Boland area.
|
|
|
|