JavaK Jou gratis hulpbron vir Java Kennis! ENGLISH  
     
  Tuisblad Kontak Artikels Projekte Vrae en Antwoorde Skakels  
     
 


String en sy gebruike.

Die String klas is seker een van die belangrikste klasse in Java wat jy gaan gebruik. Dit het 'n geweldige hoeveelheid nuttige funksies ingebou en laat jou toe om die string op allerlei maniere te manipuleer. Ons gaan kyk na van die algemeenste maniere om stringe te gebruik en te manipuleer. Die agtergrond wat jy hier kry sal jou instaat stel om self verder ondersoek in te stel na String en sy gebruike.

Skryf 'n string agteruit op die skerm:
Gestel jy het 'n String objek en jy wil dit agteruit (in reverse) op die skerm vertoon ? Hoe nou gemaak ? Kyk na die volgende stukkie bronkode. Dis 'n volledige Java program so jy kan dit copy en paste in 'n file en op jou eie rekenaar uitvoer.

In die kode skep ek 'n String objek (dieString) en vertoon dit op die skerm. Dan verkry ek die lengte van die string en stoor dit in die veranderlike lengte. Nou maak ek 'n for-loop wat hardloop vanaf die laaste karakter in die string tot die eerste een. Met die System.out.print() opdrag skryf ek dan die hele string, karakter vir karakter, op die skerm.

Bronkode vir ToetsString1.java
                      public class ToetsString1
                      {
                      public static void main (String arguments[])
                      {
                      String dieString = "Hallo daar, jy!";
                      System.out.println ("Die string is  : " + dieString);
                      System.out.print ("Agterste voor  : ");
                      int lengte = dieString.length ();
                      for (int i = (lengte - 1) ; i >= 0 ; i--)
                      {
                      System.out.print (dieString.charAt (i));
                      }
                      System.out.println ("\n");
                      }
                      }
                    


Soek vir iets in 'n string:
So nou kan jy 'n string agteruit op die skerm vertoon. Wat daarvan as jy moet kyk of 'n String objek 'n sekere sin of frase bevat ? Hoe nou gemaak ? Gelukkig het die String klas verskeie ingeboude metodes om jou hiermee te help. Bestudeer die volgende program afvoer skerm en daarna die bronkode (source code) wat volg. Eerste word die lengte van die string op die skerm vertoon en daarna word dit vergelyk met 'n ander string op 'n manier wat sensitief is vir hoofletters. Die tweede toets ignoreer hoofletters en dus is dit 'n effens meer vergewende toets. Volgende word daar getoets of die string "aar" in die hoof string voorkom. Heel laaste toets die program waar die laaste "a" in die string voorkom.

Afvoer vir die ToetsString2 program:
                      Die lengte van die string is 15
                      Vergelyk met "hallo daar, jy!" : -32
                      Vergelyk met "hallo daar, jy!" : 0
                      "aar" is gevind by posisie 7
                      Die laaste 'a' is by posisie 8
                    
Bronkode vir ToetsString2.java
                      public class ToetsString2
                      {
                      public static void main (String arguments[])
                      {
                      String dieString = "Hallo daar, jy!";
                      // vertoon die lengte
                      System.out.println ("Die lengte van die string is " + dieString.length ());
                      // vergelyk nou die string met 'n ander string
                      // die toets is sensitief vir hoofletters
                      System.out.print ("Vergelyk met \"hallo daar, jy!\" : ");
                      System.out.println (dieString.compareTo ("hallo daar, jy!"));
                      // vergelyk nou weer die string met 'n ander string
                      // die toets is NIE sensitief vir hoofletters nie
                      System.out.print ("Vergelyk met \"hallo daar, jy!\" : ");
                      System.out.println (dieString.compareToIgnoreCase ("hallo daar, jy!"));
                      // kyk of die frase "aar" voorkom in die string
                      System.out.println ("\"aar\" is gevind by posisie " + dieString.indexOf ("aar"));
                      // vind nou die LAASTE "a" in die string
                      System.out.println ("Die laaste \'a\' is by posisie " + dieString.lastIndexOf ("a"));
                      }
                      }
                    

Ander String metodes:
Wat anders kan 'n mens met 'n String doen ? Die volgende programmetjie doen so 'n paar toertjies met 'n string soos om sekere karakters te vervang, 'n sub string uit die hoof string uit te haal, om te toets of 'n string begin of eindig met 'n sekere frase of sin en om die string maklik om te skakel vanaf hoof na klein letters en omgekeerd. Laaste word die string dan opgedeel in 'n array met die String.split() metode.

Afvoer vir die ToetsString3 program:
                      Hello deer, jy!
                      Hardloop daar, jy!
                      jy!
                      false
                      true
                      HALLO DAAR, JY!
                      hallo daar, jy!
                      Opgebreek na spasies...
                      0 : Hallo
                      1 : daar,
                      2 : jy!
                    
Bronkode vir ToetsString3.java
                      public class ToetsString3
                      {
                      public static void main (String arguments[])
                      {
                      String dieString = "Hallo daar, jy!";
                      // vervang die a's met e's
                      System.out.println (dieString.replace ('a', 'e'));
                      // vervang all "llo"'s met "rdloop"
                      System.out.println (dieString.replaceAll ("llo", "rdloop"));
                      // vertoon net 'n sub-string van die hoof string
                      System.out.println (dieString.substring (12));
                      // toets of die string begin met "Haar"
                      System.out.println (dieString.startsWith ("Haar"));
                      // toets of die string eindig met "y!"
                      System.out.println (dieString.endsWith ("y!"));
                      // vertoon die string in hoof letters
                      System.out.println (dieString.toUpperCase ());
                      // vertoon die string in klein letters
                      System.out.println (dieString.toLowerCase ());
                      System.out.println ("\n\nOpgebreek na spasies...\n");
                      String stringe[] = dieString.split (" ");
                      for (int i = 0 ; i < stringe.length ; i++)
                      {
                      System.out.println (i + " : " + stringe [i]);
                      }
                      }
                      }
                    


Die Skrywer
Hierdie artikel oor Java Strings is geskryf deur Ewald Horn en word gratis gehuisves deur JavaK. Besoek gerus vir www.javak.co.za vir meer artikels deur Ewald Horn. Die skrywer se tuisblad is te vinde by www.nofuss.co.za.