JavaK Jou gratis hulpbron vir Java Kennis! ENGLISH  
     
  Tuisblad Kontak Artikels Projekte Vrae en Antwoorde Skakels  
     
 

Maak passief geld met die internet.

Ons word oorval met vrae oor hoe ons dit regkry om die webwerf gratis te bedryf. Dit kos mos geld om die webtuiste aan die gang te hou ? Die sleutel tot die sukses van enige besigheids-avontuur is natuurlik om eers te bepaal wat jy wil doen en so dan jou sukses te kan meet, reg ? JavaK is nie 'n geldmaak-skema nie, dit was nog nooit nie en sal ook nooit so bestuur word nie. My passie is om gratis hulpbronne aan Suid-Afrikaanse studente beskikbaar te stel wat die Java programmeringstaal sal bevorder.

Nou ja, dit beteken natuurlik nie dat ons enigiets verniet kry nie! Die maandelikse koste van 'n webwerf is relatief goedkoop, maar daar is natuurlik ook nog die tyd wat dit neem om op datum te hou sowel as die internet-koste verbonde daaraan. JavaK word gedeeltelik befonds vanuit NoFuss Solutions, maar die besigheid borg slegs die domein en webspasie, enige ander uitgawes (soos boeke vir navorsing) word vanuit die JavaK fondse betaal.

Die meeste van ons koste word gedelg uit advertensies, soos die een hieronder :







Elke keer wat 'n gebruiker kliek op 'n advertensie om dit te sien, kry ons 'n paar sent vir die gekwalifiseerde verwysing wat ons gedoen het. Dis wel nie baie nie, maar dis tog genoeg om vir die webtuiste te betaal elke maand. Jy sal sien dat JavaK verskeie advertensies het regoor die webtuiste, dis om te verseker dat daar 'n gelyke kans is dat besoekers 'n advertensie of twee sal sien.

So hoe gemaak indien JY dieselfde wil doen met jou webwerf ? Plak jy net 'n klomp advertensies neer en hoop vir die beste ? Dis natuurlik wat vreeslik baie ouens doen, en aan die begin lyk dit selfs asof dit werk! Pasop egter dat mense nie moeg raak vir die oneindige advertensies nie, dan ignoreer dit heeltemal en dis dan juis wat jy wil verhoed! Die sleutel tot sukses met die aanlyn-advertensie bedryf is twee-voudig :
      • Kies 'n betroubare en gevestigde affiliaat-program (meer hieroor later).
      • Beplan jou webtuiste en sorg dat dit propvol relevante inligting is.
Wat is propvol relevante inligting nou eintlik ? Gestel jy het 'n webwerf oor motorfietse en jy adverteer daarop allerlei versamelstukke soos ou handleidings, advertensies of self plakkate. Dit sal mos nou onvanpas wees om skielik te begin rave oor 'n plaaslike gastehuis of twee net om meer traffic (verkeer) te lok vanuit die toeriste-mark. Dit sal op die lange-duur vir jou 'n negatiewe beeld by die soekenjins skep en dit sal beteken dat minder mense jou webwerf besoek. Kom ons maak so 'n paar somme om te kyk wat verkeer nou eintlik beteken :

Gestel 500 mense besoek jou webwerf in 'n maand. Van die 500 beland helfte heel per ongeluk daar, so daar bly net 250 oor wat op soek was na iets op jou webtuiste. Die meeste van die tyd kliek sowat 4 persent (4 uit 'n honderd) besoekers op 'n advertensie. Dit beteken dat van die 250 sal daar sowat 10 mense wees wat reageer op 'n advertensie en click daarop. Sjoe! Dis maar min en beteken dat jy ook maar min geld gaan kry om jy nie effektief adverteer nie.

Hoe kry jy dan die 250 mense om meer op die advertensies te kliek ? Maklik! Jy forseer hulle om langer op jou webwerf te bly. Hoe langer mense op jou webwerf spandeer, hoe groter raak die waarskynlikheid dat hulle op 'n advertensie sal afkom wat hulle belangstelling prikkel. Die enigste werklik effektiewe manier om mense op jou webwerf vasgevang te hou is natuurlik om inhoud op die webwerf te plaas. Mense gaan net om twee redes op die internet : of hulle wil hulle epos kyk of hulle is op soek na inligting! Indien jou webwerf propvol inligting is (van 'n goeie gehalte natuurlik) en boonop redelik uniek is wat die inligting aan betref sal jy meer besoekers kry wat langer op jou webtuiste deurbring.

Van dieselfde 250 mense sal tot so veel as 20 persent (20 uit 'n honderd) reageer op advertensies indien hulle vir langer as 5 minute op die webblad bly. Dit beteken dat tot vyftig (50) mense op advertensies sal reageer sonder dat jy moes moeite doen om meer besoekers te kry. Die internet is VROT van webblaaie wat mense probeer snoeker met gemors inligting en jy sal die die blaaie verdwyn ook maar gou omdat mense bedag is op sulke snert. Indien jy egter jou inhoud stelselmatig opbou en aanhou op datum hou sal jou besoekers-getalle klim en dan natuurlik ook jou advertensie-inkomste.








Wie kan ek gebruik om my webwerf in 'n geldmasjien om te skakel ? :

Ek kry die vraag VREESLIK baie. Alhoewel daar fantastiese programme daar buite is (soos die Google Adsense program) wil ek graag die klem plaas op twee plaaslike programme. Daar is verskeie redes hoekom ek aanbeveel dat jy eers na 'n plaaslike program kyk en dan oorsese stelsels :

  • Plaaslike programme betaal in Rand en betaal gewoonlik BAIE vinniger as oorsese programme. Die Peppor ouens betaal ons geld elektronies in, elke maand. Praat van maklik!
  • Plaaslike programme is gemik op plaaslike gebruikers. Natuurlik is jou advertensies dan meer relevant tot die plaaslike mark. Indien jou teiken-mark Suid Afrikaners is, maak dit meer sin om dinge te adverteer waarin hulle sal belangstel.
  • Daar is minder kompetisie in die plaaslike as die internasionale markte. Dit alleen maak dat jy 'n beter kans op sukses het as met 'n oorsese program.
  • Die plaaslike programme word plaaslik genoem met 'n rede. Daar is maklike maniere (soos 'n telefoonoproep) om hulp te bekom indien jy sukkel om jou advertensies te laat werk of onseker is oor iets.


Hier is die twee plaaslike programme wat ek sal aanbeveel.

Eerstens het ons vir Peppor. Moenie dat die naam jou om die bos lei nie, die ouens is regtig plaaslik! Baie van hulle advertensies is selfs in Afrikaans! Peppor betaal ook elke maand elektronies JavaK se verdienste in. In my beskeie opinie moet jy nie eers daaroor om Peppor te gebruik vir jou webtuiste nie, die blote gemak van hulle diens en die kwaliteit van hulle advertensies is genoeg om enigeen te laat dink hy is in droomland! Soos met verskeie ander programme kies jy self HOE die advertensies uitspasieer word en dan roteer hulle vanself! Minder werk vir meer en meer advertensies beteken natuurlik dat jou kanse om 'n hit (kliek) te kry net beter raak.

Spice up your income. Peppor.com   Earn a monthly income. Peppor.com   Maak geld met 'n skop. Peppor.com   Verdien 'n Ekstra maandelikse inkomste. Peppor.com


Die tweede program wat ek net moet aanbeveel is natuurlik die een van die ouens by TrafficSynergy. Dis 'n wonderlike alternatief tot die ongelooflike Google Adsense program, natuurlik met 'n meer plaaslike geurtjie aan die advertensies. Die opsies vir baniere en teks-advertenies is ongelooflik, jy bepaal self waar jy wat wil plaas. Hulle stuur bykans daagliks relevante inligting oor advertensies en veldtogte na jou posbus toe sodat jy op datum kan bly. Indien jy ernstig is oor geld maak op die internet moet jy by TrafficSynergy 'n draai gaan maak.

Sign up to TrafficSynergy.com






Die Skrywer
Hierdie artikel oor Internet Inkomste is geskryf deur Ewald Horn en word gratis gehuisves deur JavaK. Besoek gerus vir www.javak.co.za vir meer artikels deur Ewald Horn. Die skrywer se tuisblad is te vinde by www.nofuss.co.za.